Die Pad na Littlestraat … Opgedra aan my pa wat my verseker dat daar lieflike musiek aan die anderkant is en aan my ma aan wie se tafel daar altyd nog plek is. Wat ‘n ongelooflike pad - ‘n pad vol kronkels en blinde draaie – die een wat eindelik in Littlestraat, Ermelo, by Brakmusiek tot rus gekom het.  | 01. Winter 02. Ek sing vir jou 03. Vlinderlied 04. Vinkel en Koljander 05. Miskien (duet met Richard van der Westhuizen) 06. Houtbaai 07. Vinnie 08. Nikayla 09. Nou dat jy weg is 10. Hande 11. Namibië 12. Wanneer almal slaap 13. Kersdroom 14. Vrede | ‘n Duisend dankies aan: - Andrew Roos – vir jou vriendskap, insig, geduld, liefde, visie, jou fenomenale oor, jou sensitiwiteit, jou ywer, die min slaap en die baie kuier – jy’s geniaal
- (Wyle) Harry Knepscheld – dat jy vir Andrew omgepraat het om tyd te maak vir my CD
- Richard van der Westhuizen – vir Vlinderlied en dat jy my geleer het van gebuigde siele en van die toeval wat nie bestaan nie
- Aan al die musikante – dankie dat julle julle talent met my gedeel het
- Jonathan Hopper – dat jy jou hart so vir ’Vinnie’ gegee het
- Bram Potgieter – dat jy jou ateljee, Paarl Muzik Front, vir Jonathan geleen het
- Leon van Rensburg – wat lank na middernag aan ‘n paar lastige woorde help timmer het
- Tos en Jan Roos – vir die wonderlikste potte sop, tuisgebakte brood, kaggelvure en liefde
- Werner – dat jy steeds die anker van my skip is
- Lindy en Ingrid – vir die groen ligte wat julle my deur die jare gegee het – dit het die wêreld vir my beteken
- En dan diverse mense wat in my malperd geglo het – mense soos Liezl, Christie, Eloise, Willie, Marlene, Reneé, Susan, Libby, Karin, Anton, Adriaan, Lodewyk, Frikkie, Louise, De Wet, Vivien, Zephné en baie ander
“If you think you can, you can” – en julle elkeen het op ‘n manier dié mantra van my gestalte laat kry. “If more of us valued food and cheer and song above hoarded gold, it would be a merrier world.” (J R R Tolkien) Karien Jordaan, Bloemfontein
|