JA slide show

Die pad na littlestraat - Karien Jordaan Die Pad na Littlestraat …
Opgedra aan my pa wat my verseker dat daar lieflike musiek aan die anderkant is en aan my ma aan wie se tafel daar altyd nog plek is.

Wat ‘n ongelooflike pad - ‘n pad vol kronkels en blinde draaie – die een wat eindelik in Littlestraat, Ermelo, by Brakmusiek tot rus gekom het.
Skoonheid van musiek
Karien Jordaan - Afrikaans Bloemfontein
Skoonheid van musiek

Iemand het eenmaal gesê “al wat tussen jou en sukses staan, is die vrees vir mislukking”. Dankie Harry Knepscheld dat jy in my geglo het en vir Andrew Roos omgepraat het om tyd te maak vir my CD. Andrew was die regte mens op die regte tyd – Richard van der Westhuizen het my juis tydens dié reis oortuig dat die toeval nie bestaan nie. Ek het by die 4 000km gery tussen Bloemfontein en Ermelo en elke keer was dit soos my eerste reis na Europa – vol afwagting, vol opwinding, met ‘n lywige skoot bangheid ingegooi. Maar toe alles klaar was het Andrew en ek op die verste planeet hande geneem – sonder woorde. En tevrede teruggekyk. Ek dink dis wat die Meester in gedagte gehad het met die mensdom – dat ons die skoonheid van musiek iewers diep binne-in ons lywe sal voel.
 
<< Eerste < Vorige 1 2 Volgende > Laaste >>

Resultate 6 - 6 van 6

Debuut CD


Karien Jordaan



Luister na my CD


Karien Jordaan

CD beskikbaar by:


  • Bloemfontein - Kloppers

  • Welkom - Music Corner

  • Kaapstad - Music4U - Cape Gate

  • Kontak My vir CD aankope